If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Groet en Ontmoet Mekaar

1. Study the vocab list

Please visit the vocabulary list SOCIAL EXCHANGES. Lear the terms and then make sure you can do the following:

Greet a person in:

  • (i) the morning,
  • (ii) the afternoon,
  • (iii) the evening
  • (iv) say goodbye
  • (v) ask and answer polite common questions.

A en B

(Two friends meet up that do not see each other all the time)

A: Goeie môre. Hoe gaan dit?
B: Lekker dankie, en self?

A: Dit gaan goed, dankie. ...en wat's nuus?
B: Ag, nie veel nie. Ek is net baie besig.

A: Wel, goed om jou weer te sien. Ek moet weer wikkel. Sien jou later.
B: Lekker bly. Totsiens.

Janet en Elzaan

(Two women meet each other at work for the first time.)

Elzaan: Goeie môre. Hoe gaan dit?
Janet: Lekker dankie, en self?

Elzaan: Dit gaan goed, dankie. Laat ek myself voorstel. My naam is Elzaan van Wyk.
Janet: Hallo Elzaan, ek is Janet du Toit.

Elzaan: Aangename kennis. (You can also say: "Bly te kenne.") En waar kom u vandaan, Janet?
Janet: Wel, ek kom oorspronklik uit die Oos-Kaap, van 'n klein plekkie met die naam Stutterheim, maar nou woon ek in Uitenhage. En self?

Elzaan: Wat 'n toeval. Ek kom ook uit die Oos-Kaap. Ek het op Graaf Reinet groot geword. Later het ons Vrystaat toe getrek en vandag woon ek in Kaapstad. Is u familie nog op Stutterheim?
Janet: Wel, ek het twee broers en een suster. My broers woon altwee in Johannesburg, en my suster het met 'n Spanjaard getrou, en hulle woon nou in Uruguay. My ouers leef nog altwee en hulle het in George afgetree. En wat van uself, is u familie nog op Graaf Reinet?

Elzaan: Ja, my ouers woon nog daar, en my broer is ook nog in die kontrei. Hy boer met skape.
Janet: My broer wou ook gaan boer het, maar hy het nie genoeg geld gehad om 'n plaas te koop nie. Nou werk hy in Johannesburg.

Elzaan: Janet, dit was baie lekker om u te kon ontmoet. Is dit ok as ek vir u Janet noem?
Janet: Ag, natuurlik. En kan ek maar vir u Elzaan noem?

Elzaan: Ja, graag. Nou maar goed, Janet, ons moet een of ander tyd gaan koffie drink.
Janet: Dit sal lekker wees. Ok, sien jou later weer.

Elzaan: Baie dankie Janet, sien jou weer. Totsiens.
Janet: Tot volgende keer. Totsiens.