If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Weeklikse skedule

Die Naweek

Daaglikse skedule

Present Tense. I-voice

Ek staan elke weeksdag op tussen 3 en 3.30 voormiddag (vm). Ek gaan dadelik bad, borsel my tande, en trek aan vir die dag.

Dan gaan ek na die kelder waar my studeerkamer is en ek skakel my rekenaar aan. Dis omtrent vier voormiddag wanneer ek met my werk begin. Dis lekker stil want almal slaap nog en ek kry baie werk gedoen in die vroeë ure van die oggend. Ek lees my epos, doen skryfwerk, en berei voor vir die dag se take.

Twee van my dogters verlaat die huis om 5.45. EK maak seker als gaan goed om hulle reg te kry. Soms help ek om hulle toebroodjies reg te kry. Dan, nadat hulle weg is  gaan eet ek ontbyt. Ek eet gewoonlik 'n paar soorte graanvlokkies. Om half sewe maak se die ander twee dogters wakker, soadt hulle kan regmaak vir hulle bus wat om twintig oor sewe kom.

Dan ry ek kampus toe. Soms ry ek met die kar, as die weer sleg is, anderste ry ek met die fiets.

Ek is dan in my kantoor vir omtrent die hele dag en  so tussen vyf en ses-uur gaan ek huis toe. Soms stop ek by die winkel op pad huis toe. Ek spandeer dan ongeveer honderd dollar op kruideniersware.

Ons eet gewoonlike tussen ses en sewe-uur. So tussen agt en nege uur gaan ek op na my slaapkamer, borsel my tande, was, en lees 'n bietjie voordat ek weer aan die slaap raak.