If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Aspoestertjie ('n Vertelling)

Nou wil ek vir julle van die storie van Aspoestertjie vertel.

Aspoestertjie het vyf groot susters gehad. Maar, Aspoestertjie was nie die regte suster nie. Sy was die kleinste suster. En dit was nie haar regte ma en pa nie. Aspoestertjie was 'n weeskind, en sy het dus 'n stiefma en 'n stiefpa gehad, en stiefsusters.

En die susters het vir Aspoestertjie gehaat. Aspoestertjie was baie mooi, en die susters was almal lelik. En die susters het vir Aspoestertjie altyd gesê, "Jy moet werk, jy is die kleinste. En jy is nie ons regte suster nie. Jy is 'n stiefsuster! Jy moet die werk doen!

En Aspoestertjie was klein, en sy was baie mooi, en sy moes baie baie hard werk. En eendag het die Prins gekom en gesê, "Daar sal 'n groot dans wees, 'n baie groot dans. En al die dames in die hele stad moes na hierdie bal kom."

En Aspoestertjie het gedink, "Wow, dit sal so lekker wees. Dan kan ek al my vriende sien, en ons kan lekker dans." Maar die vyf susters was jaloers op Aspoestertjie en die vyf susters het gesê, "Aspoestertjie, jy mag nie gaan nie. Jy moet hier bly, en jy moet werk!"

En Aspoestertjie het gehuil, maar nie voor haar susters nie. Sy was in haar slaapkamer, en sy was baie treurig.

Daardie aand, het al vyf susters hulle baie mooi aangetrek, en weg is hulle na die dans.

En Aspoestertjie was by die huis in haar vuil klere, en daar moes sy bly, en sy kon nie gaan dans nie. Haar susters het gesê sy moes by die huis bly. En toe gebeur 'n snaakse ding. 'n Klein feetjie het na Aspoestertjie gekom en gesê, "Aspoestertjie, ek weet jy is baie treurig, en ek weet dat jy wil dans. En jy wil ook na die Prins se bal gaan."

En Aspoestertjie het gesê, "O ja, dit sal so lekker wees."

En toe het die feetjie 'n groot pampoen gevat en dit getoor, en die pampoen het 'n koets geword.

En die feetjie het twee muise gevat en hulle getoor, en die muise het twee perde geword.

En Aspoestertjie is ook getoor. En sy het die pragtigste rok gehad, en die twee mooiste mooiste glas skoentjies. En daar het Aspoestertjie ook na die bal gegaan.

Aaa! En toe sy by die bal kom, het al die meisies stil gestaan, en gesê, "Goeiste! Kyk daardie mooi meisie! Wie is dit?"

En die vyf susters het vir Aspoestertjie gesien, en hulle het geweet, "Dit is Aspoestertjie!"

En die Prins het vir Aspoestertjie gesien, en gedink, "O, maar dit is 'n mooi meisie!" En hy het vir Aspoestertjie gevra, "Kan ek met jou dans, asseblief?" Aspoestertjie was so gelukkig en sy het die hele aand met die Prins gedans.

Maar, die feetjie het vir Aspoestertjie gesê, "Aspoestertjie, jy kan gaan dans, maar jy moet twaalf uur by die huis wees. Wanneer die middernag klok slaan, sal jou koets 'n pampoen word. Jou twee perde sal weer muise word, en jou rok sal vuil wees, soos dit was."

En toe Aspoestertjie opkyk, toe sien sy dit is twee minute voor twaalf! En sy sê vir die prins, "Asseblief. Verskoon my, ek moet gaan." En sy hardloop by die saal uit. En sy hardloop met die trappe af. Sy het so vinnig gehardloop, een van haar skoene het afgeval.

En Aspoestertjie spring in die koets, en jag huis toe. En presies om twaalf uur, was Aspoestertjie by die huis. Bang! Bang! Bang! En haar koets verander in 'n pampoen. En die twee perde word muise. En Aspoestertjie se klere was vuil en geskeur. En daar was Aspoestertjie weer by die huis. En sy was weer treurig, en haar lelike susters was weer by die huis, en hulle sê vir Aspoestertjie wat sy met haar lewe moet doen.

En die Prins het gedink, "Dit was 'n fantastiese meisie. Waar is die meisie?

Hoe kan ek haar kry?" En die Prins het gegaan, en vir almal gesê, "Ek het 'n glas skoen. Ek soek die vrou wie se skoen dit is. Vir die vrou wie se voet hierdie skoen pas, ek sal met daardie vrou trou."

En die Prins het van een huis na die ander huis gegaan. En elke meisie het hard probeer om hulle voet in die skoen te kry. Maar, die skoen het nie gepas nie. En toe kom hulle by Aspoestertjie se huis. O, en die groot vyf lelike susters sê, "Hallo ons se liewe Prins. Ja, kom ons kyk of ons voet in hierdie skoen pas. Ek is seker dit is een van ons skoene."

En elke suster het probeer. En toe vra die prins, "Sê vir my, is daar 'n ander suster in julle huis?" En die vyf susters sê, "Nee! Ons het net 'n klein, lelike vuil sussie wat die huis skoon maak." Toe sê die Prins, "Kan sy ook asseblief kom, en haar voet in die skoen probeer?"

En die susters sê, "Sekerlik prins, sekerlik." Maar in hulle harte het hulle gesê, "O! Waar is Aspoestertjie? Sy moet nie hier wees nie!"

En Aspoestertjie het gekom en gesê, "Goeie middag prins." En sy het haar voet in die skoen gesit, en haar voet het perfek gepas.

En die prins het gesien dat dit die mooi meisie was met wie hy gedans het. En hy het gesê, "My liewe, liewe Aspoestertjie, sal jy my vrou word?" En Aspoestertjie het gesê, "Oo prins, ja. Ek sal graag jou vrou word." En so het die prins met Aspoestertjie getrou. En hulle het vir 'n lang lang tyd baie gelukkig gewoon, tot die prins koning geword het, en sy het 'Prinses' geword.

Fluit, fluit, my storie is uit.