ALBASTER-TYD
My sak is vol albasters,
Blink en glad en rond.
Piet en Jan en ek
Maak kringe op die grond.
Ons sit albasters in,
Eers begin ou Piet
Korrel-hou en mik,
Maar net om mis te skiet.
Jan dink hy sal wen,
Maar hy't 'n klomp verloor;
Net ek skiet almal raak:
My ghoenie was getoor!