If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Die Boer

deur Tanya du Plessis

My voorvaders het uit Europa gevlug om verskeie redes en hul het die onbekende kom tuiste maak. Hier het hul gedoen wat die Vader hul opdrag gegee het, bou, plant en bou ’n nageslag al weet jy dat môre dalk jou einde gaan wees. Vir jare het dit goed gegaan met die volk.

Ons het eens vrylik rondbeweeg op die goeie grond van Afrika. Ons het na haar kinders omgesien en ons was genoeg. Toe kom die groot verraad. Van waar dit gekom het, sal ons nooit waarlik weet nie. Een vir een is my volk verminder en ons bloed het gevloei soos die riviere van Afrika. Die wat aan bewind was, het hul siel verkoop vir geld en stilte terwyl die volk op die grond begin kripeer het van hongerte. Ek was daar, ek het elke oomblik geleef van ons begin.

“Jan, is jy reg?” breek Petrus se stem my gedagtes.

“Ek is so reg soos wat ek ooit sal wees. Weet jy waar draai Johann vanmôre?” ek tel die magisynne om my middellyf. Met die jare het dit my tweede lewenslyn geword, hierdie paar stukke metal om my lyf het my al meer gered as wat die wet lank is. Ek sal boer ongeag wat die volk van my dink.

“Hy is op pad. Hy was gisteraand aan die grens, daar was aksie … Ons mense sal nou begin kom vir hul weeklikse kospakkies.”

Ek kyk na die rook vanaf die grens. Nadat die regering ons plase gebrand het soos die Britte in die eeu voor hul, het alles verander. My volk is uit die land van ons geboorte verjaag tot in die dorre dele van die land. Hier in die vlaktes van niks het ons alles gevind. Ons het hier ons krag gevind en ons het opgestaan.

“Jan, is jy nou weer terug in jou eie gedagtes?” Johann spring van sy hings af en staan langs my.

“Ou maat, ek is maar net weer vasgevang in die jaar toe my kind gebore is,” ek vryf die sand van my voete af.

“Geen problem. Ons het vanmôre weer op die grenslyn gaan kyk hoe dinge staan, alles lyk in orde. Die manne op die suide grenslyn vertel dat gisteraand het daar weer metal die lug verkleur. Die damestak het goed gestaan en ons grens staan sterk,” hy begin lag en kyk na sy horlosie wat glinster in die warm son. Dit is skaars na ses en die eerste familie staan reg vir hul kospakkie.

Ek gee die pakkie vir die gesin. Ons mag geen vorm van kontant gebruik. Gelukkig is my volk iets anders. Ons glo altyd in ruilhandel. Sy ruil melk vir ’n groentepak. Ons almal wee twat die waarde van die ander se produk is. Net jammer die kinders sien nie die waarde in soos ons nie. Onder die jongmense is daar sprake van teruggaan na die stad.

(Met vergunning -- https://skrop.co.za/kortstories/ )