Soekiester
Soekie ster, soekie maan,
sonnetjie sal nou-nou ondergaan;
kommie ster, kommie maan,
donkerte kom voetjie-voetjie aan.
Slaap gerus, slaap gesus,
van die duisternis nog onbewus;
lê jou neer, sag en teer,
môre skyn die son mos weer.
Soekie maan, soekie ster,
kyk Klaas Vakie is nie meer te ver;
kommie maan, kommie ster
opgies moet nou daad'lik ophou sper.
Lê maar t'rug met 'n sug;
maan en sterre is bo in die lug.
Slaap nou sag deur die nag,
môre is 'n nuwe dag.
Seek the star, seek the moon,
the sun will fade soon
come the star, come the moon
darkness approaches foot by foot
Sleep peaceful, sleep lullaby
of the darkness still unaware
lay down soft and tender
tomorrow the sun will shine again
Seek the star, seek the moon,
The Sandman is not yet so far
come the star, come the moon
eyes will cease trying to stare
Lay back and let a sigh
moon and stars above in the air
Sleep softly through the night
tomorrow is a new new day.