If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Wespark

Geagte Leser, dié geleentheid
Bied hom slegs een keer in 'n leeftyd:
Geen waglys en geen woningnood
Al is die aanvraag nog so groot.

U van en volle doopnaam pryk
Op die versierde gewel - kyk,
Met spreuk en kompliment kompleet:
Die hele wêreld moet dit weet.

Hier is geen stoomfluit en geen haas;
Onder die koelteboom lê Klaas
Soos waffer skofbaas uitgestrek,
Kan selfs die afslaer asemskep.

In hierdie buurt is elke vrou
Tevrede, elke man getrou,
Het elke kind sy eie sandhoop,
Vergeet die huwelikspaar van huurkoop.

Die staatsman liaseer sy sorge,
Die bleek hervormer se verborge
Wrok teen die mensdom is geberg,
Die dweepsieke word ongeërg.

Die vrou aan wie die jare knaag
Het haar weerkaatsing weggevaag,
Die skaar ontloke skoonheid het
Betyds ontglip uit die tyd se net.

Die koopman, sat van raap en skraap,
Kan salig elke dag verslaap,
Die skraal student hoef nou nie meer
Sy jongste proef te formuleer.

As kliere opdroog, weefsel rek,
Die kroonslagare noustrop trek,
Kan u gerus oorweging skenk
Aan hierdie goedbedoelde wenk.

Die eensames voel nooit alleen
In die wit broederskap van die been,
Hier kan die digter sonder skroom
Hom blywend toespin in sy droom.

Geen jaarlikse belastingheffing
Op hierdie langtermyn belegging:
Geagte leser, dié geleentheid
Bied hom slegs een keer in 'n leeftyd.

Dear Reader, the opportunity
Presents itself only once in a life time:
No waiting list and no housing crunch
Though be the demand so high.

Your last name and full name at Christening displayed
On the decorated gable – look,
With motto and compliment complete:
The whole world has to know it.

Here is no steam whistle and no haste;
Under the shade of the tree lies the servant
Stretched our like the shift boss,
Even the auctioneer can take a breath.

In this neighborhood every woman is
Satisfied, every man faithful,
And each child his own sand heap,
The wedded couple forgets about hire-purchase.

The state official files his worries,
The bleak reformer's hidden
Score against humanity is hidden,
The radical does not care anymore.

The woman showing the wear of her years
Faded her reflection
The scarcely developed beauty has
Escaped just in time from the net of time.

The merchant, tired of scraping by,
Now can blissfully sleep in every dag,
The skinny student does not have to
Formulate his latest proof no more.

As gland wither, tendons stretch,
And the main arteries narrow,
You should carefully consider
The well-intended tip.

The lonely never feel alone
On the white brotherhood of the bone,
Here the poet can fearlessly
Cocoon himself in his dream.

No yearly higher taxes
On this long-term investment:
Dear reader, this opportunity
Presents itself only once in a lifetime.