If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Biografie

Werner Muller is in Kempton Park gebore en het aan die Hoërskool Birchleigh gematrikuleer. Regdeur sy skoolloopbaan het hy deelgeneem  aan revues en het ook gesing in die skoolkore. Hy was ook gekies as lid van sy hoërskool se kadet orkes wat verskeie kompetisies aan die oosrand gewen het. Hy het ook elke jaar in sy skoolloopbaan prestige toekennings ontvang vir solo sang by verskeie kunswedstryde.

ln 1994 is sy drome bewaarheid en word toe as lid van die Oosrandse jeugkoor gekies onder leiding van Johan Van der Sandt, en toer hy saam met die groep na Europa waar hulle aan die Bela Bartok Internationale fees deelgeneem het. Daar is  hulle aangewys as die 2de beste groep ter wereld. ‘n Groot eer het Werner te beurt geval toe hy in dieselfde jaar aangewys is as 'kultuur seun van die jaar' deur sy skool. Na matriek studeer hy bemarking aan die Vaal Driehoekse Technikon en gaan werk voltyds. Deur die jare wat volg hou hy homself besig met musiek skryf, en sang lesse. Werner het later besef sing en musiek is in sy bloed en dit is wat hy graag wil doen vir die res van sy lewe.

In 2004 het omstandighede hom skielik in die musiekbedryf se diepkant gegooi en hy moes vinnig leer swem. Hy begin toe om  bestaande liedjies te sing by verskeie plekke in en rondom Pretoria en dit was nie lank nie of professionele kunstenaars het Werner begin nader om op te tree as agtergrond stemkunstenaar vir verskeie van hulle CD's en produksies. In 2004 word hy genader om 'n hoofrol te vertolk in die musiek blyspel "Little shop of horrors" wat by talle teaters te sien was en ook groot sukses behaal het. Na die sukses van 'little shop of horrors' is Werner weer in 2005 gevra om die hoofrol te vertolk in die musiek blyspel 'Cinderella' en was bygewoon deur ongeveer 1200 mense Werner se debuut album 'ELKE MENS' is in November 2005 in die Centurion teater vrygestel. Werner is ook uitgenooi deur Steve Hofmeyr om op sy program 'Dis hoe dit is' te verskyn en is uitgesaai die 27ste April 2007. Werner tree op by Koperatiewe funksies, feeste en skoue.
(gekopieer van afrijam.co.za)