Dans met die Rooi Rok
Duitswes is lekker, Duitswes is goed
Duitswes is vol van die Boertjie se bloed
al trek ons sonder water al trek ons sonder kos
dan weet ons die Boertjie die gaan ons verlos
KOOR
Dans met die rooi rok, die hartlam van my
dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat waai
Dawid de Lange se orkes, hai hai
dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat swaai
Ons kommandantjie is 'n klein Joubert
hy trek met ons haastig, hy trek met ons ver
hy trek deur die bosrand, met 'n grote gevaar
ons hempies is stukkend, ons broekies is klaar
Klein kommandantjie en 'n groot generaal
hulle trek met ons daar, uit ou wes-Transvaal
ons drink eers 'n sopie, dan gaan ons weer weg
dan gaan ons ook moedig, teen die platpote veg
KOOR
My diertjie die huil nou, wat werk hierdie blus
haar soetlief is nie hier nie, maar ver in Duitswes
Duitswes word donker, Duitswes word goed
Duitswes word donker, van die jongman se bloed
KOOR
Dans met die rooi rok, die hartlam van my
dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat waai
Dawid de Lange se orkes, hai hai
dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat swaai
English lyrics still to come
CHORUS