If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Korona, Korona

die wêreld skarrel in ‘n roukleed
want man, vrou en kind is vasgevang
in ‘n viriele greep

onsigbaar, ongenaakbaar, onaantasbaar
sluip dit verby elke dak, dorp, straat
en oor elke stad, kontinent en land

wanneer gaan die mensdom ooit besin
of moet ‘n tsunami van histerie
oor ‘n dodelike pandemie
ons tot besinning dwing?

© 2021 Selwyn W Milborrow

 

* Koronavirusse is 'n groot familie van virusse wat siektes by diere en mense kan veroorsaak. So ’n infeksiesiekte word ’n soönose genoem, wat beteken dit word van diere na mense oorgedra. Die nuutste koronavirus kan egter ook tussen mense versprei en veroorsaak die koronavirussiekte Covid-19. In Desember 2019, het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) bewus geword van ’n uitbreking van “longontsteking” in Wuhan, China. Die WGO het dit COVID-19 of koronavirus genoem. Dit het in 2020 oornag die hele wêreld se grootste gemee.

the world scurries cloaked in mourning
because man, woman, and child are trapped
in a viral grip.

Invisible, merciless, untouchable
it tip-toes past every roof, town, street
and over every city, continent, and country.

When will humanity ever come to its senses
or does this tsunami of hysteria
about a deadly pandemic
for us to our senses?