If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Biografie

Skrywersfokus loer hierdie maand by ELVINA (Evelyn van der Merwe) in en glo my, sy’s ‘n bedrywige vrou!

Kom ons fokus eerstens op haar tweede digbundel, getiteld “Dans van die Vlammevers” wat tans in druk is. Hier volg ‘n resensie deur Driekie Grobler:

EVELYN VAN DER MERWE SE NUWE DIGBUNDEL “DANS VAN DIE VLAMMEVERS”

     Weereens verras Elvina (soos ons haar op Woes ken) ons met ‘n prag bundel,  vol emosie. Hierdie bundel  toon soveel groei teenoor haar vorige bundel.   Daar is kosbare skatte vervat daarin.
     Evelyn beskik beslis oor die vermoë om lesers vas te vang met die uitbeeld van haar emosies. Haar skryfstyl spreek van fyn aanvoeling en meelewing in die sloer van die alledaagse lewe.
     Haar gedigte voer mens weg na droompaaie, laat jou soms glimlag of ‘n traan afvee, maar bring mens ook weer terug na die harde werklikheid.
     Daar is soveel gevoel en rou emosies wat sagkens omseil word om treffend tot die leser se hart te spreek. Mens kan nie die diep boodskappe wat verskuil is in haar gedigte miskyk nie. Dis ‘n lees, leer en onthou ervaring.
     Dans van die Vlammevers is ‘n meeleef bundel, beslis aan te beveel.
Baie geluk met hierdie pragtige werk van jou Evelyn. Mag dit net die tweede bundel van nog baie vorentoe in jou skryfloopbaan wees.

Driekie Grobler

GHA Gedigkompetisie -- Evelyn het verder ook ingesryf vir ‘n digkompetisie wat deur die GHA, oftewel die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans, geloods is.Vyf van Evelyn se gedigte is opgeneem in “Stemme uit die Suiderland VIII” nl Gee my,  Hanepootkroos, Onthou, Renoster se spore en
Vryval.

Skakel na GHA: http://www.afrikaans.org.za/