If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Blikskottels

Drogbeeld gedaantes dansend
in nagmerrie se kloppende pas
asem jaag hygend hortend
starend, versteen in sperpupille vas

Stemme sloer onwerklike klank
woord vir woord van moord
spoeg donker drake voort
in gru-toneel omhul met stank

Swaarverdiende besittings gekaap
onseremonieël net opgeraap
biddend prewel bly net kalm
wyl mespunt teen slagaar talm

Angswekkende gille deurklief stil nag
wie kan raai hoe swaar die vrag
repeterende nagte dieselfde gevaar
en manlief arms wat liefkosend bedaar