If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Deur jou oë

Ek sien deur jou oë
diepkraakplooie wat raak-praat,
hartkontoer ‘n heimwee padkaart,
bruin vlekkies wat storie vertel -
van ure in die son, dae vol hel.

Ek sien deur jou oë
skewe knopskouers moedeloos gehang,
rimpelhande wat eens sekuur kon vang,
voete wat skuifelend, versigtig trap
elke tree wat energiebron leegtap.

Ek sien deur jou oë
’n gees gevul met genade van Bo,
helder verstand wat nog bid en glo,
rooi ritmiese hart sonder enige smart -
hoof hemelwaarts wat Sy liefde weerkaats.