If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Die Groot Verskil

’n alombekende geliefde akteur
het Shakespeare aan gehore gegee
met dawerende applous is hy toegejuig
elke keer het hy slegs nederig gebuig
 
’n onverwagse versoek word gerig
deur oom Dominee uit sy gehoor
“dra asseblief Psalm 23 voor”
akteur het egter gewik en geweeg

toe trek hy los met suiwer intonasie
en loodswaar hang hul aan sy voltuitlippe
‘n meegevoerde skare – ’n Godsnasie
melodieus val dit op ieder en elk se ore
weereens applous met staande ovasie

die akteur draai egter versoek skielik om
vra skrifgeleerde om na verhoog te kom
verbaasde gryse sit vasgepen en talm
“ek is ’n leek in jou voordragkuns
en my agt dekade stem is treurig”

bewerig trek hy los in rasper kraakstem
doodse stilte - nul applous word hom toegeken
bewoë met geboë hoofde en sopnat oë
begroet sy vraende blik - en kromrug buig hy effe

sien jul toeskouers die duidelike verskil?
ek kon jul oë en ore met harmonie bereik
want ek ken slegs die Psalm van Dawid
hierdie man het aan jul harte kom pluk
want hy ken die Herder en ware geluk