If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Gee My Asem

Heinings impuls skokgolwe
roldrade lemmetjiekerf
duiwelsvurk pronk
op elke tweede erf
 
Afstandbeheer
van elektroniese hek
batterye gee gees
maak mens stapelgek
 
Antwoord die deur
’n traliehek wat keer
dubbeldraai sleutel
en probeer maar weer
 
Waar is die prag
van speel in die nag
Sorgeloos vry
net die bure en jy
 
Ag dis ’n helse ding
wat staalblomme bring
tot die voëls se gesing
klink soms afgedwing
 
Gee my ‘n land
met meer verstand
waar ek asem kan haal
en my eie lot bepaal