If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Gee My

gee my geloof om swartgalligheid af te weer
na elke volslae mislukking weer te probeer
geesdrif om na elke nuwe uitdaging uit te sien
en in my woorde en dade my Skepper alleen te dien
 
gee my verdriet om my menslik, plat op aarde te hou
die krag om met deernis my geliefdes toe te vou
geduld om my deur ongenaakbare lewe te sien
geloof om slegs met liefde my naaste te bedien
 
gee my wilskrag om vandag beter as gister te maak
terugslae sodat ek weer klein en nederig kan raak
’n definitiewe doelwit in lewe om positief na te strewe
maar verberg die eie ek wat my bo ander verhewe
 
gee my insig om nie kennis te verwar met wysheid
kennis help jou om iewers bestaan in lewe te maak
wysheid besorg kuns om volheid te lewe met smaak
sterre te sien van onder uit put met duidelikheid
 
verloor eerder jou trots vir iemand na aan jou hart
as om hom te verloor deur trots en dan kom smart
kies self korrekte manier om lewe voluit te leef
asof “alles ’n wonderwerk” volkome na te streef