If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Glo Dit

wurgende wereldwye web
span tegnologiese drade
al stywer om hulpelose prooi
as kragreus eensklaps tou opgooi

wees gewaarsku wees gereed
jou munte sal dan nikswerd wees
hongersnood sal jou in aangesig staar
lewegewende water deurtrek van suur
gaan jy wurg van dors ook moet verduur

nasies is lank reeds in opstand
Boere word ontneem van kosbare land
kindertjies klein word wreed verkrag
gesondes staan nou vol dwelms en lag

hoe lank terug is ons gewaarsku
maar op eie houtjie ploeter ons voort
omdat ons nie DIT besit nie ....
die volle vertroue in Gods Woord