If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Goue genade geluide

Heimwee van verre verlange,
sing weemoedslied in duet,
om hoeke, op wieke van wind,
fluit sag met harsteer geblaas,
deur stegies, strate en gange.

Vreugde- dans volmaak inpas,
huppel - lag uitbundig te hard,
rondomtalie kaalvoet – papnat,
as Liewe Jesus reëndruppels,
op rooi plaaspad spattend plas.

Dankbaarheid vyfgang- trippel,
in reguit horisontaal sonstreep,
want die aanvoel van ultraviolet,
geskenk deur dierbar’ vader son,
laat liggaam, gees vrolik huppel.

Goue geluide van Sy genade,
word wyd en syd luid weergalm,
elk dier, boom, wese en plant,
slaan majestieuse skilderprent,
van Hoërhand stil- stom gade.