If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

In my land

In my land van melk en heuning,
dawer  klank van Magtige dreuning,
stowe putupap en braai die wors,
vrek ‘n nasie nie van honger en dors.

In my land van snuifgom en tik,
heers  dissipline – ouers is dik,
vloei daar sagte sprankel fonteine,
geensuurwater - afval deur myne.

In my land van osstert potjiekos,
word niemand honger op straat gelos,
kyk die mooie reënboogkleur,
weg metswartdood teen elke deur.

In my land van kultuur en taal,
vertel ons Afrikaans se eie verhaal,
mielies en koring, landerye groen-geil,
Boere sal nie by banke loop huil.

In my land van lowergroen plantasie,
staan ‘n trotse volk- my nasie,
met voldoende suurstofryke lug,
besoedelaars word streng getug.

In my land van kerslig, paraffien,
sal ons die wenflikker kan sien,
spekvet gevrete stuifmeel-bye,
lewe osoon-geen gifkan spreie.

In my land van woeker en swoeg,
word geen korrupsietoegespoeg,
want ons staan trots en kordaat,
hier regeer die regte mandaat.

In my land van speel op straat,
disintegreer die lemmetjiesdraad,
ontvang ons oorvloed en seën,
want ons is op van al die ween.

In my land vol Christen geloof,
word God geprys met geboë hoof,
want aan Hom al die lof en eer,
sou ‘n nasie hom so kon bekeer.