If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Kelk-hand omgee

Sprinkel silwer sterre-stof
waar jy langsaam lui wieg
in die hol-buik van die maan
blaas ’n ligte liefdes-kus -
na waar ek wagtend staan.

Wanneer jy wenteldraai,
naas snikhete son,
gryp ‘n goudgeel straal
voeg agt grade kwik by -
vir my warm feëverhaal.

Skep ses sakke sand
by blou onstuimig’ see,
soek ‘n sierlike skulp.
As jy veilig terugkeer -
sal ek my oordrom gee.

Volg die geur en aroma
van seldsame orgidee
pluk dit sag versigtig,
bewaar dit teen jou hart
tot tyd en wyl jy self –

dit kelk- hand aan my kan gee.