If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Portret teen die Muur

koue staalgrys oë staar
asof dit direk uit hel kom
selfvoldane uitdrukking
vas op jou bakkies gegom
 
polisiepet wapen blink trots
hoe ironies hoe teenstrydig
het dit tog met jou weë
stappe van menswees gebots
 
week in en week uit
word nodelose gesprek gevoer
maar sterk verbale klanke
uit enkeling se gepersde mond
 
weergalm misvormde golwe
teen dowe konkawe oordrom
tref hard teen hoë plafon
en spat in letters op die grond
 
waarom steeds swyg en huiwer
statige parmantige offisier
vorm jou woorde duidelk
en antwoord nou en hier