If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Renoster se spore

nie eers jou taai dik vel
kon jou pantser bied
teen geldgierige boosdoeners
wat kom om te skiet
met ‘n koeël deur jou skedel
of soms regdeur jou blad
slaan jy ploffend dood
in jou vier spore neer
teen die lood van ammunisie
is jy onbestand en het geen verweer
 
wreedaardig en in haas
word jou horing afgesaag
onbeskryflik, onmenslik, ongevraag
en jou karkas vir aasvoëls
agtergelaat,  skeel hul min
horing – hul trofee vir eie gewin
 
jou horing in fyn poeier op gemaal
want leke glo dis medisinaal
met jou statige vyfgang trippel
en kalfie wat vrolik saamhuppel
gaan net mooi niks behoue bly
as ons nie vinnig planmaak
saamstaan, verdedig en stry.