If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Seerower kelders

Soos soutsproei saggies klots,
teen sinkskip se uitsteek mas,
wonder mens onomwonde,
wat versteek, geberg hier was.

Die roesverweer-erosiedek,
vol aangeslane muntstuk,
vertel sy eie ryk verhaal -
is hul skatte dalk weggeruk?

Enjinkamer steeds dieselbevlek,
skets ’n prent van dom matrose,
was dit immers hierdie defek,
wat hul ontneem het van die bose?

Vuil luike vol slym-seewier,
verhoed dat buitestaander,
laaste helse sinktoneel,
nuuskierig, vraend aangluur.

Eenkant langs ‘n loodswaar anker,
in repe geskeur en erg verweer,
wieg ’n seerower-kopbeen-vlag,
wat waghou oor sy kosbar’ vrag.