If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Verlore Stryd

genalose lewe
met ruwe rugkant
skeef geswaai
word ons tans
soos dief in nag
letterlik en figuurlik
stelselmatig afgemaai
 
vasgevang in oerwoud
van koue klingelstaal
in vaal betonmure
styf toegedraai
mettertyd toegespin
in dodelike taai
werklike kokon
 
wat eens rustig
lawend –sprokiesagtig
blyk te verskyn
het saam met gruwel
afsku afstootlike
nuwe bestaan
soos mis skielik
voor son verdwyn
 
nooit maar nooit
sal ons volkome
vry voortbestaan
kalmte beleef
weg is reeds
deur heersende party
vir ons gebaan
in tye wat ons saam
hande moes vat
het meeste stom,blind
en doof gestaan
 
nou slegs droom
van skoon, geskape
toksievrye lug
vullisvrye omgewing
vervaardigingsreuse
se giftige gasse
tans besig
stelselmatig
word suurstof ontneem
 
eens helder kleure
en aroma geure
goedversorgde
pragnatuur
word nou ook
deur verrotte geraamtes
plantmateriaal
angstig aangegluur
 
waardevolle gebeure
wat behoue moes bly
vir eie nageslag
is sleg agterlosig
sonder durf,daad
of waagmoed
deur ons eie
eens sterk streng
vingers laat gly
 
tye van saamstaan
omgee en bid
is lankal reeds
ongesiens, gevoelloos
agterlosig deur ons
“voel vere” houding
dowwe denke bederf
noodlottige
selfgekose proses
eie vaal vuil
kritieke prentjie
bleekvaal laat verf