If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Wit Bloeiselhart

soos vergeelde
dooie droë blare kwyn,
so verdwyn dan ook
ons hart se koue pyn
want kyk
Hy het als nuut gemaak
en gee die son
om warm te waak
 
soos nuwe bloeisels
uniek, perfek gevorm
in reënboogkleure
skilder dit sy eie prent
so vorm ons harte
warm are vol vreugde
want dit was helaas
U wil dat dit so geskied
 
dis U unieke insekkie
met vlindervlerkies klein
wat fladder en vlieg
van nektar tot blom
soms ‘n hele paar
wat baljaar en saamdrom
bloeisel, skoenlapper
selfs bytjie, elkeen rein
 
so wens, hoop en bid
vir ‘n skoon, suiwer hart
dat ieder en elk
wat mag smag na lente
pragtige kleure
uitstraal na buite
en opgemerk word
deur loodglas ruite