If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Al om die vuur - al om die vuur

onder teen die duin
het die see my voete
kom was met skuim

oë geanker op die kwas
van die Meester wat
elke wolk bo die kim
eers oranje-son-rooi
verf en dan vaal

het ek jóu bly soek
die seemeeue albatrosse
gevra om saam jou naam
aanhoudend te bly roep

oor die see oor die see
oor die uitgestrekte
oneindige al roerende
kolkende majesteuese seë
het ek elke dag my oë
stukkend gekyk,
die aftog geblaas só verleë

jou skip het nooit kom strand
en jy, het nooit kom dans
ons liefdesdans al om die vuur
                         al om die vuur
al om die middernagtelike uur
waar die liefde in my hart
steeds hemelhoog brand!

dan…

soggens vroeg op die strand
kom vind ek nog steeds
my vreugdevure se as,
doodgebloei in sand…