If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Ek soek jou

ek soek jou
in die glans van ’n dubbel reënboog na reën

ek soek jou
in geskarrel van die rysmier voor die storm

ek soek jou
in die warreldraai van herfsblare in die wind

ek soek jou
tussen feetjies wat slegs in kleuterverse dans

ek soek jou
in klokkies wat hoog hang aan ’n silwermaan

ek soek jou
in groen - neon - skyn op middernagbranders

as ek my plaashek, mismoedig agter my trek
kom jou brief aangevlieg, in ’n swartkraai se bek