If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

My geheime onbekende drawwer in die Park

elke Saterdag vroegmôre
in die Park
sterf my hart in jou
as jy verby my draf

jou verleidelike glimlag   
sagte: “Hallo”
maak my knieë jellie

ek was myself
in jou nat geswete gesig
         nat geswete bo-top
         nat geswete styfspanbroek
         nat geswete kurwes van jou lyf
raak flou in die aanskoue
van die pinkrooi blos
op jou wange

voordat jy om die
hoek verdwyn
begin jy agteruit draf
wuif gooi ’n soen
wetende dat jy my
speels opvreet

wie is jy meisie
met jou Sweedse witgoud
lang hare wat liefdesseine
uitstuur na my hart
jy anker my
staties tot die grond

ek is so opgewonde
oor my elke Saterdag vroegmôre
wandeling in die Park

jy hou my hart gevange
my geheime Sweedse Meisie van die Park
jy hou my hart gevange...