If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Sing vir my

Sing vir my van die son.  -
Van die lied wat deur my gaan.
-
Van groot kraters op die maan.
-
Die steppe roofvis, as jy kon.
-
   
Sing vir my van plantvlotte  -
waar paddas rustig slaap.
-
Lui – lui kriekies hul vergaap
-
aan fee – musiek op potte.
-
   
Sing vir my van die koningsarend  -
se tydlose geroep oor die Vaal.
-
Gesoek; ’n bergmeerkat vir ’n maal
-
met nostalgiese gesweef op die wind.
-
   
Sing vir my, van jou angstige liefdesroep
-
terwyl ek dans, meedoen, roep – roep.
-