If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Aan Afrikaners in die Vreemde

Ek ken jou stryd – die een  
tussen hart en verstand –  
en ek hoor jou sug oor die golwe heen.
 
As jy vaskyk teen New York se krabbers  
of in Londen die duiwe krys
onthou jy hoe solied en ewig  
Tafelberg uit die see verrys?
 
Ek verstaan jou sugte en verlange  
na die ruimtes en die hange.  
Jy’s tussen vreemdes vir die geld,  
maar ek weet hoe brand in jou  
‘n heimwee na die ooptes van ons veld.