If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Die Rotse

Uit die diepsee kom hul linies aan
gewapen met geweld van wind en oseaan,
gestuur om elke rots te breek
hul dreunend op die land te wreek
kom golf op golf en loods die offensief
tot springgety se skuim die hoogtes klief.

Solied, massief en blinkgewas
lê swart die rotse daar
stom, veranker aan mekaar
en aan ‘n dieper Godsplan vas.

Al sou die hel se woede
skuimend oor Gods kinders slaan
sal sy gesag en sy ontferming
ewig vas
en rotsstil
staan.