If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Droom

Hoog in ‘n wolkelose hemel
groots en magtig in sy bou
sien ek die koepels van suiwer goud
en mure van koningsblou.

Gehul in die glans van talle sonne
heilig, verhewe en skoon
die strukture van suiwer kristalglas
waarin u engele woon.

Heer, u het my in ‘n droom
die hemelstad getoon.