If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Is Daar?

Ek wonder soms, in ‘n stille uur,
is die mooi en goeie dinge hier
‘n afskynsel van wat  
daar bo vir ewig duur?
 
Is in die lente-oggende
die perskebloeisels broos en pienk
en daal die reën daar ook so sag en salwend
soos oor die boorde hier?
 
Is die wolkestapels hoog en wit  
die berge vêr en blou  
en is daar varings en viooltjies  
en vinke wat hul nessies in die riete bou?
 
Is daar musiek en sang en kore  
in stemme met viole en tenore,  
en daal daar saans oor alles neer  
die vrede van die Heer?
 
Laat weet my tog
– vannag nog in ‘n droom –  
dat dit verruklik, sag en skoon  
is waar die hemelmense woon.