If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Skemer Ervaring

Laatmiddag stap ek die veld in
op paadjies uit kinderjare.
Die bos en gras – alles dieselfde –
net ek nou silwer in my hare.

Dan staan ek met die vrede om my heen –
die lug swanger van stilte en grys
soos voor die reën.

Onder die Kameeldoring word ek bewus
van iets wat groter as die stilte is.

Heer, hoe sê ek dit – hoe moet ek dit verwoord?
Ek moes dit weet – u’s ook in hierdie oord!
U Gees is voelbaar hier en saam
met bos en gras fluister ek u Naam.