If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Wie

Wie is dit wat die winde roep en stuur
oor woud en vlakte, berg en vlei,
die getye stel elk op sy vaste uur,
sy wil laat geld oor jou en my?
 
Wie kweek die fetus in sy heilige tuin,
beslis oor lewe en oor dood
en buig die boog vir die hemelruim,
bestuur die wasdom in die moederskoot?
 
Wie bepaal die kwantumwette
vir kwark en kern en atoom
en weef die ragfyn sterresoom
wat oor die spansel strek
of tel die liggies aan Andromeda?
Wie laat die ruimte rek?
 
Wie beveel dit alles, welke outonome mag
gee aan die dag sy luister
en donker aan die nag?
 
Hy wat die aandster  in sy hande hou,
gestalte vind in berg en blom en krans.
Hy voed die luiperd en die lewerik
en laat die weerlig deur die wolke dans.