If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Ek Sien

Ek sien in jou die lewe
weer vir my lag,
en’k sien in jou die son weer skyn
oor my nuwe dag.

Ek sien ‘n kans op lewe,
op liefhê, lag en speel,
om weer voluit mens te wees –
in eenheid word ons heel.

Ek sien ‘n vrou om saam met my
die meester toe te lag
of, as ek eerder gaan,
by Hom op haar te wag.

Ek sien ‘n laaste kans voor donkermaan
om saam met jou die skoonheid in te drink
waarvoor ons staan.