If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Die Oumanpad

As kind al het jy in jou gemoed
beleggings gemaak
dat jou oudag oukei sal wees,
dat jy 'n lekker lang somer sal hê,
opgevolg deur 'n pragtige kleurryke en rustige herfs
gevolg deur 'n skielike winterryp
(want dis mos onvermydelik)
wat jou kwansuis kortstondig sou plattrek
en dan daai winterbries jou liggie doof.

Die oumanspad is soms 'n lang, lang winter
wat jou nie wil vergewe of laat gaan nie
of 'n herfs sonder blare, maar veldbrande
of 'n somer van sweet en droogte
of 'n lente sonder bloeisels en bye

ag, en sommigetjies sien nie eens die lente deur nie,
gekome en gegane sonder herhinneringe; ontslape sade

"Luister, gee maar my kierie en pyne terug,
... kom, kom, laat ons aanstap."