If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Ja?

Hoe praat jy oor die magtige dinge van binne
wat jou siel saamtrek,
jou wil in vlammende staal giet
en sag, die tere gevoelens
van jou liefde beeldsaai
na jou drome, jou visie,
begeerstes en die kern
van jou wese?

Hoe verstaan jy die magtige dinge van binne
wat soos kragtige tiere --
sterk, rats, en fier --
met skouspel en lewensbewondering
deur jou gedagtes storm?

En hoe verduidelik jy die
unieke gawes wat
die kompleksiteit saamflans,
sodat jy ander laat regop sit
met jou verwoorde bewusthede --
jou treffende bevindinge --
bo die jare van die ou dogtertjie wat jy is?

Hoe sê jy, hoe vertel jy, hoe beskryf jy?
Hoekom moet jy?
Waarom moet jy veg vir
respek en aanvaarding,
vir die reg om te wees,
vir die eie en die jou,
vir jou,
jouself,
self.

Hoekom?