If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Paraat

Plotseling,
die werksjaar is verby,
met 'n paar van my laaste take nog
- so ampertjies klaar
en die een tydsgleuf
van gister beweeg
na die verlede van my gedagtes
en môre sê aan my dinge,
wat beteken
dis nie meer môre nie - dis nou.
Die tyd het oorgeslaan.
Dis nog vars en nuut,
maar dié keer het
die besef my in tyd
gevang - sodat ek
gepaslik die voordele
van 'n vroegtydige bewuswording
kan munt.

En dis dié ervaring,
wat my voortaan paraat sal maak op die komende
- en daarvoor is ek dankbaar.