If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Weereens weer een

As ek nou serious kan praat, né
Moet ek as Whitey
vir júlle uitwys,
ja, júlle uitwys as die connective tissue
van die land.

Want dis mos julle se bloed
wat deur contributions van alkante af kom
Julle liefde gaan uit in alle rigtings
en kom van alle rigtings.
Hier by my mense, verder aan en oral oor.

Van onse Whiteys kry julle soms daai la-di-dah attitude,
van die Xhosas, die fighting spirit,
en van Batavië, Indië, en Wes-Afrika,
lekker spices en mysteries.
Van die San mense kom julle
gentle loving sweetness.

En in my honest opinion, né,
in die moment van serious wees,
daal daar van Bo af op julle
die crown jewels van humor en verblyding
as julle natural gift van die hemele.
Die Skepper het geweet
dat die pad van suffering vir julle
hier op aarde kom wag het.
Julle is gegee daai double daily dose
om die bitter trane te vee, en
die bewende hand van woede te stil.

Ag wat, al try ek creatively
om die baie vorms van suffering te pen
kan ek as Whitey lank nie raakvat aan
julle memories en realities nie.
Ek weet net, julle moes baie meer
indignities en suffering deurmaak
as wat enige mens wil onthou.

Maar julle humor
was deel van die miracle
om nie julle koppe te geverloor het nie
en wel kon vasbyt
met heavy-duty dignity.

Ons het vir julle try afbreek,
maar no-ways het ons 'n dent gemaak.
To the contrary my friends,
julle is net meer geslyp,
gepolish en veredel, en die
sondebokke onder ons
loop rond met
cheap-skate gebroke geeste.

Maar ek is nie naïf nie --
die suffering het baie mense diep
gewond, gesinne vernietig, en
die damage sal lank vat om
op te ruim.

Van die goete verstaan ek darem.
Hoe die Kakies ons in concentration camps laat vrek het
ons plase geplunder en verbrand het,
ons vroue verkrag het, en ook ons
dignity try steel het.

En nou is ons saam in die nuwe era
met sy eie blessings en troubles.

En ek wil afsluit met die
blessing -- ons was nog altyd
broers en susters gewees, en
dit was onse system wat julle
by die agterdeur uitgeja het.

Vir ons blindheid vra ek
in seriousness om verskoning.
Vir ons inhumanity vra ek
om julle vergifnis;
en vir julle groot harte se
warmte, julle oop arms,
en vir julle vergewensgesindheid
sê ek dankie.

Dankie my bra. Dankie sus.
Uiteindelik is ons nou weer saam.

November 2012