If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Moses (M.M. Walters)

Net ‘n ou witkop wat met donker bril
wydsbeen oor die woestyn uit staar
en wonder watter koers vannag
met sy weerbarstige volk weer in te vaar.

Tot dusver het dit bars gegaan…
niemand wat sy penarie ook verstaan:
die manna’s droog, die water’s min,
more sal hy weer die klip moet slaan!

Die son bak blink, die laer is stil
net die leier wat na rigting tas –
hy sug en trek die sagte bokriem
stywer om sy boepens vas.

(Voorgedra deur Lezandra Thiart)