If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Biografie

Myra is op 14 September 1951 op die klein dorpie Elliot gebore. Sy matrikuleer in Port Elizabeth en studeer BA Maatskaplike Werk aan die Universiteit van Port Elizabeth, met sterwensbegeleiding, kindersorg, bejaardesorg en groepsdinamika as spesiale belangstellings. Tydens haar studies werk sy as studente-assistente in haar hoofvakke, Maatskaplike Werk en Sosiologie en word haar liefde vir groepwerk gegrondves.

As 'n jong maatskaplike werker by die Departement van Kleurlingsake in Port Elizabeth, doen sy gevallewerk en bedien die hele Metropolitaanse gebied, insluitende Uitenhage, Despatch, Kirkwood, Addo en Colchester. Sy word diep geraak deur die lotgevalle van duisende haweloses en skryf in hierdie tyd dikwels gedigte wat sosio-maatskaplike probleme aanspreek.

Na haar huwelik met Johann Lochner, 'n sosioloog, raak sy opnuut by die akademie betrokke en werk sporadies saam met prof. Frans Bezuidenhout van die Departement Sosiologie aan NMMU. Tans is sy 'n fasiliteerder in Frans se Nagraadse program in Groepsdinamika, waartydens sy studente tot self-aktualisering begelei aan die hand van haar eie benadering, Endopatie. http://allpoetry.com/patchwork/
en http://allpoetry.com/tokens/

Sy skryf reeds vanaf sewejarige ouderdom. Haar gedigte en prosa verskyn op verskeie webblaaie. Sy bied slypskole aan in kreatiewe skryfkuns, met heling as oogmerk.

Myra is die eienaar/besturende direkteur van KREATIV SA, 'n nie-winsgewende inisiatief, wat fokus op gemeenskapsopheffingswerk, nasionale en internasionale skryfprojekte en nispublikasies.

Haar stokperdjies sluit onder andere in: die maak van geleentheidskaartjies (MyrArt), fotografie, grafiese kuns en ontwerp, blommerangskikking, tuinmaak, musiek, binneversiering en lees.

Myra is woonagtig op George in die skilderagtige Suidkaap.