If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Daar kom die Trein

Tjoek! Tjoek!
Daar kom die trein,
vol beloftes,
vol verskillende souse.

Staan ek op die stasie
met my kaartjie,
Koisan tot Koisan.

Vra die guardjie “waar is dié plek”?
Antwoord ek
Koisan Stasie is net hier voor
Kan jy my miskien sê, is dié die regte trein,
wat kom vanaf Koisan Guardjie?
weet  hy skielik niks.

Dié trein hardloop die hele Koisanland deur,
dis hoekom my kaartjie lees,
Koisan tot Koisan.
Ek kan klim vanaf punt “A” tot “B”
dis mos myne.
My kaartjie is gedruk, uitgegee
deur die Verenigde Nasies.

Klim ek op die trein
word ek sous aangebied,
wat ek nie aanvaar vir ’n sent,
nogminder beloftes.
Ek is moeg van beloftes.

Die tyd het aangebreek,
om ernstig te wees,
oorgaan na die daad,
vreedsaam te onderhandel.

’n Boodskap aan almal.
Op die trein.
Op die stasie.
Alle ore wat luister.
Hierdie kaartjie in my hand,
Kan nie verander word,
Sal nie verander word.

Sous trein vat my nou na die verste punt.
Na die uithoeke van die land.
Na die armstes van die armstes.
Na die wat het en nie wil deel.

Na die wat hoor, maar nie wil gehoor gee.

Na die wat erkenning soek.

Na die “Confused Kleurling”.

Sodat ons almal saamspan.

Koisan!
Jy hoef nie te vrees die kaartjie is vry.
Sorg dat jy op die stasie kom met jou bagasie.

Bagasie is wat?
praat een taal
een visie
span saam
eerlikheid
DNA uitslag

Sien daar is manne wat hul kaartjies verloor het.
Hoe nou ou vriend?
Jy was dan eerste op die trein,
geval vir die sous,
klaar is die sous

Sien ook daar is manne wat op die stasie wag net vir die sous trein.

Maar ek het nuus vir jou ou vriend.
Pasop vir die opslag koël.
Jy gaan afgelaai word op die volgende stasie.
Ek hou maar by die reëls.
Hoekom ek wil nie afgelaai word.

 Volgende stasie!
Gooi die sous by die venster uit.
Soek jou kaartjie.
Bly op die trein.
Neef Tolman!

Ek weet jy gaan by my ’n kaartjie kom soek.
Ek het nie, ek het jou gewaarsku, lank voor die trein kom.

trl