If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Die Arme Kleurling

Die arm Kleurling of Bruinmens
is gekenmerk deur baie eienskappe.
 
Kenmerkend met die oog,
gedurig wasgoed op die draad,
oneindige kou van kougom,
kind onder die arm en weer swanger,
tiener meisies twee boonste voortande getrek,
rook van tabak zol of goedkoop sigarette,
ou koerant onder die blad,
met allerande bog stories.
 
Jongmanne op ‘n hoop hang,
moet jy weet die drug winkel is nie vêr.
Dronk enige tyd van die dag.
Hoek van bottelstoor of shebene.
 
Loop van gesinne tussen plase of dorpe.
Kinders sonder ouers in die strate.
Vrou met ‘n voorskoot,
soek na ‘n plan vir ‘n stukkie brood.
 
Allpay dag,
hoe die skoppers ons mense uitbuit.
Seker omdat die toelaag te min is,
om die familie te dra na die volgende “pay”.
Die skopper hou die boekie tot die volgende “pay”.
Hier word n lening weer gemaak tot die volgende “pay”.
 
Lang lyne by die Klinieke,
dit is ‘n nagmerrie.
Seker ons straf armsalige
 
Begrafnis bywoon is ‘n norm,
hopenlik is daar iets om te eet.
 
Totsiens armsalige