If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Die maan met sy uitwerking

“Mannetjie Is jy met die maan gepla”?
Nee oom hoekom
“Jy smyt dan elke ding net neer,
jou houding is ook vreemd”.
“Mannetjie ek let op
volmaan is jy beneek,
geen mens kan met jou saamwerk”
 
Oom bly weg van daai mannetjie hy is met die maan gepla.
“Gats! hy’t my amper verongelik”.
 
Mooi is die groente wat ondergronds dra.
Geplant gedurende maan afgaan.
 
Mooi is die groente wat bogronds dra,
geplant gedurende maan groei.
 
Nou wil ek hoor
liewe maan, het jy ook ‘n uitwerking op my?
Hoekom voel ek somtyds so anders,
het  jy ‘n uitwerking op al die
plante,
diere,
mens,
dit lyk my so.
Jy het iets te doene met alles op aarde,
maar die grootste hiervan is op die mens.
Jy speel met die groote see.
Jy laat dit reën.
Jy sê vir ons deur jou kleur,
wanneer droogte op pad is ens.
 
Liewe maan hou my tog
van jou mooie groente,
mooi helder maanskyn aande.
 
Mannetjie bly liewer weg van die see,
gedurende volmaan,
sodat jou optrede  nie bots met die see.
 
Al wat jy nou moet doen,
is hou die drie siklusse van die maan dop,
nuwemaan,
sekelmaan,
volmaan,
sodat jou optrede nie bots met alles op aarde.
 
Beneek, was jy nog nie by die slim mense, soos ons voorouers?