If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Die weer steek op

Die weer steek op oom Kerneels
lyk my dit gaan reën
“Wat bedoel jy dit gaan nie reën”.
Oom kyk hoe steek die wolke op daar in die weste,
my bene pyn so,
sê vir my daar kom reën aan.
Ek moes laasnag ‘n pyn pil drink.
 
“Ag wat ek is eers daar diep in Oktober reën te wagte”.
 
Oom, maar my waarneming deur die jare is,
diere hardloop spring in die veld,
mooi om te sien.
Krieke hoor jy van alle kante,
reënvoël roep reën,
reënskilpad maak sy verskyning op die paaie,
miere werk eksta hard,
ou Witbooi en familie praat ekstra hard,
suiker in die pot kleef aanmekaar,
vlieswolke te siene in die lug,
springbokke pronk in hul kampe,
duisendpote te siene oral,
 
Ek het al hierdie tekens gesien
die afgelope week oom.
 
Oom sowaar as padda manel dra dit gaan reën.
Nie lank die eerste blits strale is te siene.
Eerste druppels val op die grond.
 ‘n Harde bui val op die grond.
Klein paddatjies val op die grond,
gepaart met donderweer klanke.
 
Hoe sê oom nou?
“Goed ek het nie in weddenskap aangegaan”
“Van nou af sal ek al hierdie tekens dophou ou seun”
 
Maar oom weet baie mense hou  nie hierdie tekens dop,
dis hoekom hulle vasval baie kere.
 
Oom lekker bly en hou die weer dop.