If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Hoep hoep

Hoep, hoep,
is jy ‘n voël of ‘n figuur?
Is dit jou naam voël?
Pragtig aangetrek,
sien ek jou daar diep in die karoo,
op graspolle soek vir kos.
 
‘n Hoed vol vere.
Liggaam vol donsies.
Te mooi om jou te aanskou.
 
Hoe moet ek maak,
om jou te streel,
te tas,
aanskou elke dag.
Luister na jou deuntjie,
uit daardie lange sneuwel van jou.
 
Hoekom sien ek jou net in die somer?
Kom kuier jy net vir ons?
As dit so is, waar kuier jy as ons winter het?
 
Laat my toe om jou beter te leer ken.
Wys my die pad wat jy neem elke jaar.
 
Hoep, hoep, hoera!
Jy is ‘n voël.