If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Liewe mens

Mens jy moet soos Bettie Kemp sê
ink in jou are het.
Ek wil byvoeg jy moet,
murg in jou broekspype het.
Vlam in jou pyp het.
Vuma in jou het.
 
Mens jy het ‘n lewende siel geword,
uit die stof van die aarde.
In jou neus is die asem
van die lewe geblaas.
 
Jy het grond gekry om te bewerk.
‘n Plek gekry in die tuin van Eden.
Name gegee aan al die vee.
Name gegee aan al die voëls van die hemel.
Name gegee aan al die wilde diere van die veld.
 
Nou wil ek weet is jy in kontrole van alles?
Is jy die baas van name gee?
Het jy plek gekry in die tuin van Eden?
Bewerk jy die grond wat jy gekry het by God?
 
As jy al die erken en doen,
val alles in plek.
 
As jy al die nie erken en nie doen,
verwag God ‘n antwoord van jou.
 
Totsiens liewe mens.