If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

My draadkarretjie en ek

My draadkarretjie en ek.
Ontwerp sonder ‘n plan.
Gebou sonder ‘n fabriek.
Beplan sonder ‘n projek.
Gebou met my ingenieursbrein
 
Onderdele rondgestrooi.
Plan alreeds in my kop.
Fabriek binne in my are.
Projek bestuur binne in my.
Werkers ek myself.
 
Begin ek met die raamwerk,
voel ek soos Henry Ford.
Vorm ek die panele,
voel of ek Ferrari ontwerp.
Vorm ek die wiele
voel of ek deel het in F1.
 
Kom dit by die finale afwerking,
voel of ek beheer het oor kwaliteit beheer.
 
Kom dit by by die eerste padtoets.
Nou lê daar werk.
Die enjin is dan ek.
Brandstof is dan ek.
Wiele is dan ek.
Bestuurder is dan ek.
 
Stoot ek my draadkar in die warm son.
Getoets tot op die uiterste.
Vir gemak tot op uithouvermoë.
Somtyds  word my karretjie ingetrek,
om verbeteringe aan te bring.
 
Vir al die draadkar ryers
hou so aan,
jou wense is mos om eendag ‘n karretjie te hê.
 
Vat dit van my,
Karoo paaie deurkruis
met my draadkarretjie.
Vandag besit ek my eie karretjie