If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!
1•Daar was een-dag 'n ou draak, Hy het in 'n groot, diep, donker grot in die berg gewoon.
2•Oordags as hy slaap en snork, dreun die berge soos donderweer. Snags as hy ronddwaal, vang hy al die mense wat laat uitbly.
3•Taamlik laat een aand stap 'n seun kortpad huis toe. Hy moet deur 'n diep, donker kloof gaan.
4•"Die mense sê hier woon 'n ou draak, maar vir hom is ek nie bang nie!" En hy spring oor 'n ou stomp wat so half onder die bla-re uit-steek.
5•Hv het skaars weer grond gevat of 'n kwaai stem brul: "Wie spring oor my stert?"
6•Die seun is lam geskrik en toe, vir die eerste keer, sien hy die ou draak wat nou helder wakker is.
7•"Vir jou vang ek!" brul hy.
8•"Moenie glo nie!" sê die seun toe hy wegspring.
9•Hy loop soos die wind, maar die ou kom vinnig agter hom aan.
10•"Moenie glo nie!" sê die seun toe hy wegspring.
11•Hy loop soos die wind, maar die ou kom vinnig agter hom aan.
12•"Vir jou eet ek op!" snork die ou weer.
13•"Ag! ek hoor al hoe my beentjies onder sy tande kraak! Maar eers moet hy my vang," dink die seun.
14•Die vlamme slaan uit die dier se mond, die rook uit sy neusgate. Sy treë word al langer en langer, en die seun se asem word al korter en korter.
15•Toe hy daar in die verte 'n baie groot vlei sien, hardloop hy reguit daarnatoe.
16•"Hy is baie bang vir water. Hy sal ook nooit agter my aan inspring nie!" sê die seun.
17•Woeps! Met klere en al spring hy in. Hy swem nou so hard as hy kan. In die middel van die vlei kyk hy om.
18•"Waar is die ou draak nou? Hy kan mos nie swem nie!"
19•Maar nou klop sy hart eers in sy keel.
20•Die ou vabond het mooi op die rand van die vlei gaan lê om dit leeg te drink!
21•Hy begin die water drink.
22•Goeps-gaps! Goeps-gaps! sluk hy lang, lang slukke.
23•Toe die seun dit gewaar, wou hy gou verder swem, maar dit kon hy nie, want nou lê hy mos net op die droog sand en skop!
24•Gou spring hy op, en weer is hy weg.
25•Hier kom die ou draak weer aan. Hulle hardloop nou oor 'n groot plaat met dik, los sand, soos 'n woestyn. Toe die ou draak swaar kry, neem hy 'n diep asem, gee een harde blaas, en daar trek die hele woestyn deur die lug!
26•Die wind het die sand weggewaai en nou was die grond lekker glad om oor te seil.
27•"Ag, as daar maar net 'n boom êrens is, dan kan ek dit gou klim!" sê die flou seun.
28•En, ja waarlik, daar vêr voor staan 'n eensame boom!
29•"Ek sal hom nog haal voor ek gevang en geëet word," sê die seun. En toe hy daar kom, is hy so rats as 'n kat bo in die takke van die palmboom.
30•Hier kom die ou draak ook!
31•Maar hy is niks moeg nie!
32•"Jy sit ver-niet so lek-ker daar bo. Kom jy af, dan eet ek jou op!"
33•Toe krul hy sy le-li-ke ou lang lyf om die boom en maak of hy slaap.
34•Maar net soos 'n blaar bo raas, is hy wakker. Sy een groot oog bly altyd oop!
35•"Ek is net jammer dat ek te swaar is om so 'n dun boom te klim!" brom die ou.
36•Die seun maak nou 'n plan om af en weg te kom. Hy sit nog en dink toe skree die ou draak: ,Kom af. Kom af! Ek het al baie honger!"
37•"Nee, ek kom nie af nie. Ek eet baie lekker dadels hier bo. Die palmboom is vol!"
38•"Wat sê jy? Dadels?
39•"Gooi dan vir my ook 'n tros af!"
40•"Vang!" sê die seun, en hy gooi 'n tros af so vêr as hy kan.
41•Maar die ou draak het net 'n lang poot uitgesteek en dit nader gekrap. Gou eet hy dit op.
42•Kom af! Kom af! Ek het al baie honger," skree hy weer.
43•"Nee, wag, nou gooi ek 'n lekker tros af! Maak net jou mond wyd oop!" En hy gooi 'n stuk bas af in die ou se keel. Toe stik die draak en die dun boompie ruk so geweldig dat die seun bo uit die boom val op die ou se stert!
44•Hy skrik so groot dat hy sommer daar bly sit.
45•Die ou draak het gou opgespring en agter sy eie stert aan gehardloop. Al in die rondte om die boom.
46•Hy hap na die lang stert waaraan die seun vasklou, maar net verniet. Elke hap is mis! Toe is die ou draak so dronk van al in die rondte draai dat hy daar flou neersak.
47•Die seun spring af en hardloop soos die wind tot by die huis.
48•Nooit, nooit het hy weer deur daardie donker kloof laat in die nag geloop nie, want daardie ou groot klip wat nog altyd soos 'n draak lyk, kan maar maklik skielik weer lewendig word en vir 'n outjie nader krap!